Hiragana

Hiragana
ひらがな

Soort skryfstelsel Lettergreepskrif
Tale Japannees en Okinawa
Tydperk sedert 800
Voorloper Orakelbeenskrif
Verwante skryfstelsels Katakana, Hentaigana
Rigting Links-regs
ISO 15924 Hira, 410
Unicode U+3040–U+309F
U+1B000–U+1B0FF
Nota Hierdie bladsy kan fonetiese IFA-simbole of letters uit ander alfabette bevat

Hiragana (平仮名 of ひらがな?) is 'n Japannese lettergreepskrif, een van die onderdele van die moderne Japannese skryfstelsel, te same met katakana en kanji; en rōmaji; die gebruik van die Latynse alfabet in Japannees.[1] Hiragana en katakana is beide kana-stelsels waarin elke simbool 'n mora (klankeenheid) voorstel. Elke kana is óf 'n klinker (soos a ); 'n konsonant gevolg deur 'n klinker (soos ka ); óf n , 'n nasale sonorant wat, afhangende van die konteks, soos 'n Afrikaanse m, n, of ng (IFA: [ŋ]) klink, of soos die nasale klinkers in Frans.

Japannese Macbook Pro sleutelbord met Hiragana en rōmaji karakters

Hiragana word gebruik vir woorde waarvoor daar geen kanji bestaan nie, insluitend partikels soos kara から "van," en agtervoegsels soos ~san さん "Mnr., Mev., Mej, Me." Hiragana word ook gebruik in woorde waarvoor die kanji-vorm nie vir die skrywer of die lesers bekend is nie, of waar dit te formeel is vir die skryfdoeleinde. Werkwoord en byvoeglike naamwoord infleksies, soos byvoorbeeld, BE MA SHI TA (べました) in tabemashita (食べました? "ate"), wat in hiragana geskryf word. In hierdie geval word deel van die stam ook in hiragana geskryf. Hiragana word ook gebruik om die uitspraak van kanji aan te dui in 'n leeshulpmiddel wat furigana genoem word.[2]

Daar bestaan twee hoofstelsels vir die rangskikking van hiragana, die outydse iroha rangskikking, en die meer algemene gojūon rangskikking.

  1. Omniglot, Japanese (Nihongo)[dooie skakel], besoek op 2 Februarie 2008
  2. Omniglot, Japanese Hiragana, besoek op 2 Februarie 2008

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search